Home Page
    SHOP  |   News  |   Archive  |   Prints  |   Sculpture  |   Biography  |   Essays  |   Book  |   Contact Home
News

2002

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2003

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2004

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2005

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2006

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2007

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring


    2008

  • Summer

  • Winter

  • Spring



    2009

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2010

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2011

  • Summer

  • Autumn

  • Winter

  • Spring



    2012

  • Winter

  • Spring



  •  
    Die voël met die af vlerk Exhibition

    Curator Riaan Vosloo invited Richard to partake in a group show at this years PAARL Cultivaria. The show entitles "Die voël met die af vlerk" is an interpretation of the words written by Francois Bloemhof. That artists invited to partake in the exhibition ar Chris Diedericks, Piet Grobler, Marnus Havenga, Theo Kleynhans, Hennie Meyer, Nigel Mullins, Norman O'Flynn,, Riaan Vosloo and Theo Vorster.

    The Exbihition will run from 20 to 24 September 2007, 9H00 to 18H00

    Official Opening: 22 September 14H00
    Venue: ASLO Properties, 205 Main Road, Paarl
    Telephone: Riaan Vosloo, 021 872 0246
    Official website: www.cultivaria.com

    Works on exhibition by Richard


    Die voël met die af vlerk 1
    Impasto and Acrylic on Canvas
    20 x 30cm

    Die voël met die af vlerk 2
    Impasto and Acrylic on Canvas
    20 x 30cm


    Die voël met die af vlerk
    François Bloemhof

    'n Seun het eendag in die veldjie oorkant hulle huis geloop en afgekom op 'n voël met 'n gebreekte vlerk. Die voël het spartelend probeer ontsnap, maar die seun het hom gevang gekry en huis toe gevat en daar op 'n manier die vlerk gespalk.

    Daardie aand kon hy hoor hoe sy pa sy ma in die kamer langsaan klap, en het hy sommetjies gemaak oor hoeveel maande, dae, ure hy nog in die huis moes bly voor hy 'n eie lewe sou hê en sou kon weggaan.

    Die voël het liggies lê en bewe in 'n doos wat die seun met watte uitgevoer het. Eers wou hy niks weet van die wurms wat die seun laatmiddag met soveel moeite vir hom gevang het nie, maar later tog. Dwarsdeur die nag het die seun die voël in die doos hoor skuifel.

    Die volgende oggend moes hy weer skool toe. "En jóú taak?" wou die een onderwyser weet, en toe hy antwoord dat hy nie geweet het hoe om dit te doen nie, het die onderwyser met nadruk vir die volgende leerder in die ry gesê: "Mooi werk."

    By die huis gekom, het die seun besluit om ook nie die nuwe werk te doen nie. Hy sou eerder die voël versorg.

    Omdat hy nog net 'n paar keer buite die stad was, kon hy nie voëltipes onderskei nie. Die voël was nie 'n mossie of 'n kraai nie, dít het hy darem geweet, maar dit was klein en vaal en kon omtrent enigiets anders wees.

    "Hoe ver is die ding van reg af," het sy ma gevra, "dat jy dit kan laat vlieg?"
    "Nie ver nie." Teleurgesteld het hy besef dis waar. Die voël het minder ongelukkig gelyk en die spalk was dalk nou meer van 'n oorlas. Die seun het egter die voël so tussen sy hande gehou en besluit die spalk moet vir eers aanbly.

    Weer by die skool - en dit was soos altyd. Die onderwysers het gedink hy's dom en die kinders het geweet van sy pa en ma. Dan weer by die huis - nie iets om na uit te sien nie, behalwe vir die voël. Die vlerk het al hoe sterker geword.

    Op 'n middag kon hy dit nie langer uitstel nie en moes hy die spalk afhaal. Hy kon nog die voël vashou sonder dat dié probeer ontsnap, maar net 'n paar sekondes.

    Hy het oorgeloop veldjie toe met die voël in sy hande. Dit was nie so laat in die middag nie, sy pa en ma was nog by die werk. Hy het sy hande oopgevou en die voël was weg met die geklap van twee sterk vlerke. Hy het 'n maal om die huis gesirkel.

    Die seun het gedink aan die tas onder sy bed, en wat hy alles daarin sou pak voor hy die volgende oggend kon wég.

    Dit was toe die voël 'n tweede keer sirkel dat 'n ander voël, groter en vinniger, uit die son gekom en hom gegryp het. Toe het die groter voël weggevlie, oop en toe, oop en toe.

    Daardie aand kon die seun sy pa en ma hoor stry, maar hy het nie sy tas gepak nie.





         

    © 2002 to 2024 Richard Scott® Proprietary Limited